Milo my maat

An ode to my late Staffie

Kleindorpiesfontein, in die Karoo, is taamlik groot en verre wyd
Windpompe vir water, op ons plaas, wei die skape noord en suid.
Milo, my maat, sit lekker op sy plek
Rustig, op die stoep, dis net hy en ek.
Milo, my Staffie, van kleins af was altyd volop lewe te vind
Tot nou toe, jare later, steeds my beste vriend en enigste kind.
Milo, my maat, sit lekker op sy plek
Rustig, op die stoep, dis net hy en ek.
Jaag die bal, blitsvinnig, van die see skuim tot die sand
Baljaar, in die water, ons jol heeldag op die strand.
Milo, my maat, sit lekker op sy plek
Rustig, op die stoep, dis net hy en ek.
Die hek, tot die voordeur, is twintig trappies in die lug
Een sprong, oor die muur, val Milo traggies op sy rug.
Milo, my maat, sit lekker op sy plek
Rustig, op die stoep, dis net hy en ek.
Veelseer, om te stap, heelwat moedeloos op sy kombers
Inspuiting, in die boud, klap my kind uit soos n kers
Milo, my maat, ek mis jou mos vrek
Alleen, op die stoep, nou’s dit net ek.
Milo, my maat, ek mis jou mos vrek
Alleen, op die stoep, nou’s dit net ek.
Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *